Voorwaardes en Bepalings
1. Aard van dienste wat verskaf word
Die SmartCape-rekenaargeriewe en die SmartCape-draadlose-internettoegangsgeriewe word verskaf deur die Stad Kaapstad en is beskikbaar vir gebruik deur enige lid van die publiek. Gebruikers moet lid wees van die biblioteek en moet 'n geldige biblioteekkaart he en het hul biblioteekkaarte nodig om te registreer om die rekenaars vir die eerste keer te gebruik.
Die SmartCape-rekenaargeriewe wat by 'n SmartCape-toegangspunt verskaf word, stel gebruikers in staat om:
- Dokumente soos 'n brief of CV voor te berei en/of te wysig, te lees of uit te druk.
- Sigblaaie voor te berei en/of te wysig, te lees of uit te druk.
- 'n Voorlegging voor te berei en/of te wysig, te lees of uit te druk.
- Die internet op soek na inligting te gebruik.
- Stuur en ontvang van e-pos - jy sal 'n e-pos-adres kry: jougebruikersnaam @smartcape.org.za.
- Stoor dokumente op 'n verwyderbare geheuestafie (deur jou voorsien).
Die SmartCape-draadlose-internettoegangsgeriewe stel die gebruiker is staat om:
- Toegang tot die internet via 'n persoonlike draadlose toestel te verkry.
Behalwe vir uitdruk is die gebruik van geriewe gratis op 'n basis van eerste kom, eerste bedien. Gebruikers kan nie sessies vooruit bespreek nie.
Elke individuele gebruiker kan slegs die rekenaargeriewe gebruik (dit word 'n sessie genoem) en slegs een maal per dag, ongeag hoe lank die sessie duur. Die standaardsessie duur 45 minute, maar dit kan na die oordeel van die toegangspuntadministrateur aangepas word. Indien die sessie beeindig word voordat die toegekende sessietyd verstryk het, kan die oorblywende minute nie in 'n nuwe sessie gebruik word nie.
Elke individuele kan vir 'n onbeperkte aantal sessies van die draadlose Internettoegang gebruik maak en daar is geen tydsbeperking op die sessies nie. Die datagebruik is nie onbeperk nie en elke gebruiker word slegs 'n sekere hoeveelheid data per maand toegelaat wat deur middel van die nasporing van die datagebruik per individu vasgestel word. Aan die begin van elke kalendermaand word die datagebruik na die nulwaarde teruggestel.
Uitdrukke moet vooruit betaal word.
2. Registrasie as 'n gebruiker van die SmartCape-geriewe
Om die SmartCape-rekenaar- of draadlose internettoegangsgeriewe by 'n toegangspunt te gebruik (dit is aanvanklik 'n biblioteek wat hierdie geriewe huisves), moet gebruikers eers registreer. Registrasie behels die kies van 'n unieke gebruikersnaam en wagwoord. Dit moet gememoriseer word en vertroulik bly. Gebruikersname word die voorvoegsel van elke geregistreerde gebruiker se e-posadres - kies dus versigtig! Wanneer dit gedoen is, kan gebruikers die rekenaargeriewe en die draadlose internettoegangsgeriewe by hierdie en elke ander SmartCape-toegangspunt gebruik.
Gebruikers kan dan toegang tot hul e-pos vanaf enige rekenaar met 'n internetverbinding verkry.
Om te registreer, sal gebruikers gevra word om sekere persoonlike inligting te verskaf. Die SmartCape-privaatheidsbeleid verduidelik wat SmartCape met hierdie inligting doen.
Elke individuele biblioteeklid mag slegs een keer as 'n gebruiker registreer. Geen individu mag meer as een gebruikersnaam of die gebruikersnaam of wagwoord van enige ander geregistreerde gebruiker gebruik nie.
Indien 'n individuele gebruiker nie die geriewe vir 'n tydperk van twaalf maande gebruik nie, word daardie gebruiker se registrasie gekanselleer. Die individu moet dan herregistreer voordat hy of sy weer die rekenaars kan gebruik.Indien daar bevind word dat 'n individu nie die voorwaardes en bepalings en/of die gebruiksvoorwaardes nakom nie, sal die registrasie gekanselleer word en registrasie in die toekoms kan geweier word
3. Stoor van inligting
Inligting in die vorm van elektroniese leers wat deur die gebruiker ontvang of geskep is of deur die gebruiker besit word, kan nie op die SmartCape-rekenaars gebere word nie, behalwe in die geval van e-pos. E-pos word gehou totdat dit deur die eienaar (gebruiker) uitgewis word. As die stoorkapasiteit van die posbus (25 megagreep) oorskry word, sal die e-pos wat daarheen gestuur word na die afsender teruggestuur word. Indien jou registrasie gekanselleer word, sal jou posbus leeggemaak en die e-posboodskappe uitgewis word.
Gebruikers is daarvoor verantwoordelik om hul elektroniese leers op geheuestawe te stoor. Gebruikers moet hulle eie geheuestawe vir hierdie doel voorsien. Die Stad Kaapstad aanvaar geen verantwoordelikheid vir verlies of skade aan hierdie leers of enige elektroniese data nie.
4. Gebruik van die internet
Om te voldoen aan die Stad Kaapstad se visie as 'n Slim Stad, voorsien die Stad Kaapstad beperkte toegang tot internethulpmiddels aan sy inwoners. As sodanig is SmartCape Access Point-rekenaars elektroniese kommunikasietoestelle. Die internet bied toegang tot baie waardevolle plaaslike, nasionale en internasionale inligtingsbronne. Van die inligting wat op die internet aangetref word, is egter vir party individue onakkuraat, onvolledig, verouderd of aanstootlik. 'n Goeie inligtingsverbruiker moet die geldigheid en toepaslikheid evalueer van inligting wat gevind word.




